Wêreldwye verwysings

Los Martinez del Puerto- sonplaas (LMDP)

Los Martinez del Puerto- sonplaas (LMDP)

Spitslewering 7.2 MW

Konstruksiejaar 2010

Oorsig

Die sonplaas wat naby Murcia in die Suidooste van Spanje geleë is, is aanvanklik as ʼn volledig ontwikkelde projek gekoop. Sy latere koper het EEPro versoek om die aanleg as deel van sy algemene kontrakteurdienste op te rig. Die elektriese beplanning is deur EEPro gedoen.

Foto’s van konstruksiefase tot voltooiing

Klik op die posseëlfoto's om beelde te vergroot.

Meer inligting oor Los Martinez del Puerto-sonplaas

Ons het topklas-modules van China, gedesentraliseerde wisselrigters van SMA en ʼn substruktuur wat deur Schletter verskaf is, gebruik om die aanleg te bou. Na dit binne die ooreengekome tyd voltooi is, is die projek aan een van die grootste VS-konglomerate ter wêreld verkoop. Tussentydse en finale finansiering is deur Bayerische Landesbank Londen verskaf.

Die sonplaas in Los Martinez del Puerto in Spanje is EEPro se grootste projek tot dusver. Die aanleg wat 22 hektaar dek, het meer as 39 000 geïnstalleerde modules en ʼn kapasiteit van 7.2 MW. 750 stringwisselrigters is geïnstalleer sodat die stelsel se volle kapasiteit vanaf 30 Junie 2010 na die Iberdrola-netwerk gevoer kan word.

Enige vrae? Tree in kontak met ons!

Adres

EEPro GmbH
Marktplatz 41
94436 Simbach b. Landau
Germany

Kontakpersone

Jan Kiermaier
(Besigheidsbestuurder)

Foon, faks & e-pos

Tel. +49 9954-700193-0
Faks +49 9954-700193-9
info@eepro.de