EEPro vir Kliënte

'n Betroubare beleggingsopsie vir institusionele beleggers.

EEPro vir beleggers

ʼn Belegging met sterk groei en hoë opbrengskoerse

Vir institusionele beleggers

Hernubare energie bied vêrsiende en verantwoordelike beleggers ʼn belowende, groeiende mark. Belegging in klimaatvriendelike sonenergie word deur hoë opbrengskoerse gekenmerk. Ons maak dit vir jou maklik om te begin – en verseker hoë doeltreffendheid.

Dit is die EU se doel om die deel hernubare energie in die algehele samestelling van opgewekte energie deurlopend te verhoog. Daarom het die Duitse regering die Erneuerbare-Energien-Gesetz (Wet op Hernubare Energie, EEG) aangeneem, en beoog om die deel hernubare energie in elektrisiteitsvoorsiening teen 2020 tot minstens 30% te verhoog.

Deur staatsubsidies vir fotovoltaïse aanlegte toe te staan, ondersteun talle regerings die wêreld oor hierdie energie-ommekeer, wat aantreklike opbrengskoerse teen ʼn betreklik lae risiko waarborg. Danksy staatsgewaarborgde vergoeding vir elektrisiteit wat in die netwerk gevoer word, verskeie finansierings- en depresiasie-opsies en verdere subsidies bied belegging in sonenergie kapitaalwins van tussen 7 en 20%. Weens ons langdurige internasionale oriëntering, implementeer ons projekte in lande wat ons belegging selfs meer finansieel lonend maak as wat jy sou verwag. Die spektrum beleggers wat op hierdie ekologies verdienstelike konsep steun wat EEPro bied, wissel van institusionele beleggers (versekeringsgroepe, energiemaatskappye, familiebesighede) tot top atlete en private individue. Selfs betaling in ʼn openbare fonds is ʼn moontlike beleggingstrategie.